Voorbegin Wild Boerdery & Lodge is geleë op die oewer van die Vaalrivier, net buite Bothaville in die Vrystaat.

Die akkommodasie by Voorbegin Wild Boerdery & Lodge bestaan uit vier areas: Houthuise, Ossewa Kamp, Tent Kamp & die Rivierhuis. In totaal kan daar 51 mense slaap.

Ons het ‘n groot saal, kapel en is ook geskik vir funksies en spesiale geleenthede soos troues, familie byeenkomste, feeste ens.

Die rivier oewer bied visvang geleentheid. Die dam op die lodge word gebruik om met trap bootjies te ry.

Kontak ons ​​gerus vir pryse en beskikbaarheid.

Ons sien uit daarna om hierdie rustige natuur ervaring met jou te deel.